Fenisiese alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | Van 1050 v.C. totdat ander vorme dit geleidelik vervang het | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Fenisies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
Susterstelsels | ||||
Dogterstelsels | ||||
ISO 15924 | Phnx, 115 | |||
Unicode | Phoenician, U+10900–U+1091F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Fenisiese alfabet, ook die Proto-Kanaänitiese alfabet genoem vir inskripsies voor omstreeks 1050 v.C., is ’n konsonantale alfabet, of abjad.[2] Dit het dus geen klinkers nie. Dit is gebruik vir die skryf van Fenisies, ’n Noord-Semitiese taal wat deur die Fenisiërs gepraat is.
Toe die Fenisiese skrif in die 19de eeu vir die eerste keer ontdek is, was die oorsprong daarvan onbekend. Geleerdes het eers geglo dit was ’n direkte variant van Egiptiese hiërogliewe.[3] Die idee was veral gewild vanweë die ontsyfering van hiërogliewe kort tevore. Hulle kon egter geen skakel vind tussen die twee skryfstelsels nie.
In 2005 het Unesco die Fenisiese alfabet geregistreer as ’n Wêrelderfenisdokument van Libanon.[4]